BETESDA LODGE

'n Gesinsonderneming met 'n sterk Christelike inslag.

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel +27 21 855 0395

S24 39.70 E01 60.02

 NAMIBIE AKKOMMODASIE  BESPREKINGS & PRYSE  ANDER SOSSUSVLEI LODGE

Kinders van 7 en ouer betaal vol tarief, die tussen 4-6 ybetaal 50%, 0-3 jariges is verniet

Betesda Lodge is meer as net nog ‘n akkommodasie-opsie naby Sesriem en Sossusvlei in Namibië. Betesda Lodge verskaf bed en ontbyt akkommodasie en ook kampeergeriewe. Alhoewel die Betesda Lodge ‘n Christelike inslag het, sal mense van ander oortuigings net so tuis en welkom voel.

Bed & ontbyt-gaste by Betesda Lodge word in 25 dubbelkamers en 5 gesinskamers gehuisves. Al die kamers is en suite en is toegerus met waaiers en muskietnette. Die Betesda Lodge is van plat klippe uit die omringende Betesda-berge gebou en bied ‘n lieflike uitsig oor die pragtige Namib-woestyn.

Die kampeerplekke van die Betesda Lodge naby Sesriem in Namibië is naby die hoofgebou en swembad. Die kampeerplekke is onder hoë bome, en het braaigeriewe en skoon ablusieblokke. Let asseblief daarop dat die kampeerplekke nie kragpunte het nie.

Daar word groot sorg aan die dag gelê met die voorbereiding van Betesda Lodge in Namibië se heerlike plaasmaaltye. Proe gerus die yskoue Namibiese bier – dit is gewaarborg om selfs die ergste dors te les! Jy kan jou maaltye en drankies in die restaurant, kroeg of gaste-sitkamer van die Betesda Lodge geniet.

Die skemerritte by die Betesda Lodge sal herinneringe van skouspelagtige brandende sonsondergange oor die Namib-woestyn by jou laat. Ander aktiwiteite wat by die Betesda Lodge in Namibië aangebied word, sluit voetslaanpaaie, uitstappies op die plaas, perde-roetes en ritte na Sossusvlei in. Die vriendelike personeel by die Betesda Lodge naby Sesriem en Sossusvlei in Namibië sal jou ook help om ballonvlugte oor Sossusvlei te bespreek.

Die Betesda Lodge naby Sossusvlei en Sesriem in Namibië het ‘n landingstrook vir gaste wat eerder wil vlieg. Vir diegene wat verkies om te ry, is die Betesda Lodge slegs 40 km vanaf Sesriem op die D854-roete.