Otjibamba Lodge

Oornag verblyf slegs 4 km van Otjiwarongo in Namibië

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel +27 21 855 0395


Toeriste wat oppad is na die Etosha Nasionale Park en ander bestemmings in die noordelike deel van Namibië, sal die Otjibamba Lodge as ‘n gerieflike, vriendelike en bekostigbare oornagpunt bestempel. Otjibamba Lodge is naby Otjiwarongo, op die B1-pad vanaf Windhoek en is op sy eie privaat wildreservaat geleë. Dit is die tuiste van ‘n hele aantal Namibiese wildsoorte, soos gemsbok, koedoe, kameelperde, en vele ander.

By die Otjibamba Lodge word gaste in 20 afsonderlik grasdakchalets gehuisves, wat met die omringende bosveld saamsmelt. Daar is 12 dubbelkamers en 8 kamers elk met twee enkelbeddens. Al die kamers is en suite, met lugversorging, TV en telefoon. Die chalets is gerieflik en ruim. Elke chalet het ‘n stoep (met gerieflike stoele waarop ‘n mens heerlik kan ontspan) wat oor die Namibiese bosveld uitkyk. Die chalets by Otjibamba Lodge is smaakvol ingerig en weerspieël die kleure van die veld.

Otjibamba Lodge bedien heerlike a la carte etes in twee restaurante. Die smaaklike geregte word aangevul deur ‘n indrukwekkende lys Suid-Afrikaanse wyne. Wildgeregte is hul spesialiteit, maar daar is ‘n verskeidenheid disse om elke smaak te pas. ‘n Sitkamer en dameskroeg voltooi die prentjie. Daar is ook ‘n snuisterywinkel by die Otjibamba Lodge indien jy ‘n spesiale aandenking soek om huis toe te neem.

Die Lodge sien goed na hul junior besoekers om. Die speelgrond sal die kinders ure lank besig hou. Die pragtige tuine by die Otjibamba Lodge is ‘n oase en ‘n heerlike uitspanplek na ‘n dag se rondryery.