SAM'S GIARDINO VERMAAK EN ETES

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
TEL +27 (0) 21 855 0395


As daar een ding is waaroor Sam passievol is, is dit dat sy gaste hul verblyf by Sam’s Giardino geniet. Vir hom beteken dit goeie kos, goeie wyn en voortreflike akkommodasie.

By Sam’s Giardino begin elke dag met ‘n watertand ontbytbuffet in die Enoteca’s Bistro. Die verwelkomende atmosfeer wat deur die knetterende vuur en die heerlike aroma van vars geperkoleerde koffie verseker dat jy hierdie maaltyd nooit sal vergeet nie. Na hierdie hartlike ontbyt, sal jy reg wees om die vele avonture wat in en om Swakopmund en die omringende Namibiese woestyn aangebied word, te beleef.

Gewoonlik begin die wind teen 18:00 elke dag bedaar, wanneer die skemer begin daal. Dit beteken skemerkelkies in Sam se pragtige “Giardino”. Om 18:30 elke aand kan gaste na ‘n National Geographic video in die sitkamer kyk. Sam bedien wyne vanaf ‘n uitgebreide en versigtig saamgestelde wynlys. Jy kan per glas bestel en Sam’s Giardino is een van die baie min plekke in Namibië waar jy wyn van hoë gehalte op hierdie manier kan geniet. Party van die wyne wat ‘n mens per glas kan geniet, sluit die Buitenverwachting Sauvignon Blanc (2008), Mulderbosch Chenin Blanc (2005 and 2007), Springfield CS “Whole Berry” 2005, Backsberg Pinotage 2005, en Joubert Tradauw Shirah 2003 en 2005 in.

Terselfdertyd bied die Grotto Bar by Sam’s Giardino wynproe-geleenthede aan. Jy sal aan die kuns van wynproe en die identifikasie van die aroma van die wyn bekend gestel word, en daarna sal jy die geleentheid hê om 2 wit en 3 rooi Suid-Afrikaanse Kaapse wyne te proe. Indien jy nog inligting sou wou hê, het Sam’s Giardino ‘n uitgebreide biblioteek met talle wyngidse en -boeke. Indien jy aan die wynproe wou deelneem, bespreek asseblief by ontvangs voor 18:00.

Om 19:30 begin die hoogtepunt van die dag – die 5-gang maaltyd in Sam se restaurant. Die spyskaart verander elke dag om van die seisoensprodukte gebruik te maak. ‘n Tipiese spyskaart sou ‘n voorgereg, sop, ‘n heerlike groenslaai, hoofgereg (vleis of vis) met bygeregte en groente, en ‘n tuisgemaakte roomys parfait insluit.

Bespreek jou plek aan tafel voor 17:00, en indien jy nie so honger is nie, kan jy ook individuele gange bespreek.

Om te sorg dat jy nie gedurende die dag honger raak nie, bied Sam’s Giardino kroegdienste vanaf 11:00 elke dag, met ‘n wye keuse van koeldranke, plaaslike biere en ingevoerde drankies. Versnaperinge en ligte etes kan bestel word, vanaf 10:00 tot 18:00 elke dag.