SAM'S GIARDINO KAMERS

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH 
TEL +27 (0) 21 855 0395


Sam’s Giardino in Swakopmund, Namibië, bied 5 kamers (elk met twee enkelbeddens), 2 kamers (met dubbelbed) en een afgesonderde wittebroodkamer (met ‘n koningsgrootte bed). Elke kamer is en suite en toegerus met ‘n direkte lyn telefoon, haardroër, kluis, verwarmer en klein sitkamergebied. Die teen-allergeniese linne dui op ekstra aandag aan detail. Die kamers is op 2 vloere, met 4 kamers op elke vloer. Kamerdiens is daagliks vanaf 7:00 tot 24:00 beskikbaar.

Die groot tuin by Sam’s Giardino is waarlik ‘n oase en spog met ‘n rustige waterpoel, gazebo, gemakstoele en sitplek in die skaduwee. Parkering is op die terrein en daar is ‘n sekuriteitshek. Sam’s Giardino het draadlose internettoegang en daar is faksgeriewe by ontvangs indien jy dit sou nodig kry.

Die sitkamer op die grondvloer het ‘n biblioteek met boeke en video's, musieksentrum en skottel-TV, terwyl die sitkamer op die boonste vloer ‘n interessante toeriste-inligtingsentrum het waar jy die res van jou vakansie kan beplan.