Southern Africa Accommodation and Tailormade Tours

Tel: + 27 21 855 0395


 Tel +27 (0)21 8550395  

Botswana - Namibië - Suid-Afrika en Zimbabwe aanlyn akkommodasie besprekings en doel gemaakte toere.

"Ons help on kliënte, werknemers, aandeelhouers en die gemeenskap waarin ons opereer, om hul drome te verwesenlik met hoë gehalte, omgewingsvriendelike toere, akkommodasie en korrekte inligting"

Temba Reise is in 1988 deur Andries Erwee gestig, uit sy liefde vir Afrika en jongmense. Sedertdien het die maatskappy ’n vooraanstaande verskaffer van akkommodasie in Suid-Afrika, Botswana, Namibië en Zimbabwe geword.

Ons toere na Zimbabwe en Botswana het wêreldbekend geword lank voor die politieke woelinge in Zimbabwe. Verder spesialiseer ons ook in besprekings vir Nasionale Parke in Namibië en aanlyn-besprekings vir akkommodasie in Namibië.

Akkommodasie in Botswana
Ons bied ’n wye reeks akkommodasie in Botswana aan en die meeste daarvan kan aanlyn bespreek word. Persoonlike diens is ook ons forté.

Safari-kampe in Botswana
Verskeie safari-kampe is beskikbaar. Vanaf die toppunt van luuksheid soos die Orient Express Eagle Island of Khwai River Lodge, tot die baie basiese, maar steeds gerieflike safari-kamp. Hierdie kampe is hoofsaaklik in die Okavango Delta, maar ook in ander Nasionale Parke geleë.

Selfsorg en kampering in Botswana
Botswana is ’n droë land wat uitstekende wildbesigtigingsgeleenthede bied. As jy bereid is om meer basiese geriewe te geniet, kan ons maklik seker maak dat die nodige kampeerplekke vooraf bespreek is. Beperkte selfsorg-fasiliteite is beskikbaar en kan ook aanlyn bespreek word.

Hotelle in Botswana aanlyn 
In Botswana is hotelverblyf in die groter dorpe soos Gaborone, Francistown, Maun en Kasane beskikbaar. Die meeste van hierdie hotelle kan aanlyn op ons webblad bespreek word.

Zimbabwe en Botswana
Die politieke onrus in Zimbabwe het baie mense van die beste vakansie moontlik ontneem – ‘n safari in Zimbabwe\Botswana. Dinge kan egter verander en ons is reg daarvoor. Vir diegene wat steeds gretig is om ‘n vakansie in Zimbabwe\Botswana te geniet, het ons uitstekende nuus: dit is steeds heeltemal veilig om die Victoria-watervalle te besoek.

Akkommodasie in Namibië 
Of jy nou Namibië se Nasionale Parke wil besoek om die dierelewe te geniet, of bloot net die uitgestrektheid van hierdie woestynland wil beleef, kan jy jou akkommodasie in Namibië op hierdie webblad bespreek. Dit sluit kampering, selfsorg, hotelle en safari-kampe in.

Vakansie-akkommodasie in Suid-Afrika 
Suid-Afrika is ‘n groot land met onbeperkte toerismepotensiaal. Suid-Afrikaanse vakansie-akkommodasie wissel van kampering tot van die wêreld se beste lodges en hotelle. Jy kan die grootste deel van Suid-Afrikaanse vakansie-akkommodasie deur ons bespreek.

Europese Jeugtoere 
Ons is die voorlopers in jeugtoere na Europa en Afrika. Sedert 1988 het hierdie toere ontwikkel tot ‘n ware opvoedkundige belewenis. Die Kalahari Vasbyt is die wêreld se taaiste fisiese kursus vir tieners. As jy tussen 15 en 18 jaar oud is, kan jy elke jaar in Januarie by ons aansluit.