Temba Logo


GPS S18 43 824 E026 57 097

Hwange-Hoofkamp

Bekostigbare selfsorg-verblyf in Hwange Nasionale Park

ZIMBABWE AKKOMMODASIE BESPREKINGS ANDER HWANGE LODGES TUISBLAD STUUR E-POS ENGLISH
Hwange Main Camp Hwange
 

Hwange-Hoofkamp is naby aan die hoof-ingang in die suidelike deel van die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe geleë. Hwange-Hoofkamp kan maklik via ‘n teerpad, wat by die roete tussen Bulawayo en die Victoria-watervalle aansluit, bereik word.

In Hwange-Hoofkamp van die Hwange Nasionale Park kan gaste kies tussen selfsorg-lodges, -chalets en kothuise, asook kampeerplekke en karavaanstaanplekke. Die selfsorg-lodges in Hwange-Hoofkamp is en suite en het een of twee slaapkamers, ‘n ten volle toegeruste kombuis en ‘n stoep. Die kosmakery geskied in ‘n gemeenskaplike grasdakgebied, waar elektriese warmplate voorsien word. Die selfsorg-kothuise in die Hwange-Hoofkamp deel ook ‘n sentrale gemeenskaplike grasdak-eetgebied, waar die yskaste ook vir gemeenskaplike gebruik is. Gaste moet hul eie eetgerei en breekgoed voorsien.

Die selfsorg-chalets in die Hoofkamp van die Hwange Nasionale Park in Zimbabwe het een of twee slaapkamers, elk met ‘n stoep. Gaste maak van gemeenskaplike bad- en stortgeriewe gebruik. Elke eenheid is toegerus met ‘n yskas en kombuiswasbak, en hout- of houtskoolbraais word verskaf.

Kampeerplekke en karavaanstaanplekke in die Hwange-Hoofkamp is almal toegerus met ‘n kraan by elke staanplek, en hout- of houtskoolbraais is beskikbaar. Die badgeriewe is gemeenskaplik. As jy hier in die Hwange-Hoofkamp wil kampeer, moet jy jou eie tent en kampeertoerusting saambring.

Ander geriewe in die Hwange-Hoofkamp sluit ‘n restaurant en kroeg in (as jy nie lus voel om agter die kospotte te staan nie), asook ‘n winkel vir kruideniersware en vulstasie. Onthou dat petrolverskaffing aan die Hwange-Hoofkamp redelik onvoorspelbaar kan wees, en dus is dit raadsaam om jou ryery goed te beplan. Daar is ook ‘n aandenkingswinkeltjie waar jy klein geskenkies vir die tuisblyers kan koop.

Die gebied om Hwange-Hoofkamp het baie drinkgate en panne, insluitend die Ngwesha Pan en Dom-drinkgat. Die sirkelroete na die Ngwesha Pan is ‘n heerlike uitstappie, terwyl die watergat by Dom bekend is vir pragtige sonsondergange. Die Nyamandhlovu Platform is bekend daarvoor dat jy baie wild kan sien.

 

Hwange self-catering accommodation
unit at Hwange Safari Lodge
Hwange unit lounge
Hwange Main Camp Unit
Hwange Main camp bedroom