Temba Travel logo Lion cubs at Chobe National Park Botswana

CHOBE NASIONALE PARK EN KASANE

Kliek eenvoudig op die foto om meer inligting oor die spesifieke lodge oor safari kamp-inligting in Chobe te kry of om te bespreek.

 
Senyati Safari Lodge self-catering accommodation Senyati Safari Lodge
SENYATI SAFARI KAMP: Die lodge van keuse en kampering vir diegene op selfbestuur-toere in die bos naby Chobe Nasionale Park. By Senyati Safari Camp is elke kampplek toegerus met ‘n private ablusieblok.
Toro Lodge camping and accommodation Chobe Botswana Toro Safari Lodge
TORO SAFARI LODGE Bied uitstekende waarde vir geld met ‘n uitsig oor die Chobe-rivier. Toro Safari Lodge is die mees bekostigbare lodge in die Chobe-Kasane-streek.
Chbe Safari Lodge Botswana Chobe Safari Lodge

CHOBE SAFARI LODGE n Luukse maar bekostigbare lodge. Daar is drie soorte verblyf beskikbaar: vir diegene wat verkies om in styl te reis, asook vir diegene wat hou van ‘n basiese styl.

Mowana Safari Lodge Chobe Botswana Mowana Safari Lodge

MOWANA SAFARI LODGE Vir ‘n safari uit die boonste rakke na Chobe. Hierdie vyfster lodge het 104 luukse kamers en 4 suites, almal met privaat badkamers, mini-kroeg, tee-/koffiestasies, lugverkoeling en ‘n asemrowende uitsig.

CHOBE NATIONAL PARK

Kasane is ‘n baie besige dorp wat geleë is waar vier lande (Botswana, Zimbabwe, Namibië en Zambië) se grense bymekaarloop. Dit is die beste punt om Chobe Nasionale Park (beter bekend as Chobe Wildreservaat) binne te gaan, veral as jy ook die Victoria-Watervalle en Okavango Delta wil besoek. Daar is geen heinings of grensdrade tussen die dorpie Kasane en Chobe Nasionale Park nie. Moet dus nie te verbaas wees as jy ‘n olifant of seekoei in die pad sien afdrentel nie!


Kasane is die poort na Chobe Nasionale Park op die suidelike oewer van die Chobe-rivier. Terwyl jy in Kasane is, moet jy beslis ‘n sonsondergang-bootrit op die Chobe-rivier oorweeg. Die sonsondergange in Chobe Wildreservaat word baie in foto’s van Afrika se natuurlewe gesien. Jy kan dus na ‘n volmaakte poskaart-sonsondergang uitsien.

Langs die Sedudu Vallei-pad wat uit Kasane na Botswana lei, sal jy ‘n paar dooie bome raaksien. Luiperde slaap graag in die mikke van die bome of lê die verbygaande verkeer lui en dophou. Die Sedudu-eiland in die Chobe-rivier is ‘n gunsteling weiplek vir olifante, buffels en seekoeie, en jy sal skaars voëlsoorte kan raaksien, byvoorbeeld die rietkormorant en watertrappers. Toeriste wat graag hengel sal bly wees om te weet dat die Chobe-rivier heelwat geleenthede daarvoor bied, veral karp en tiervis. Die vele plekke wat verblyf om Chobe Nasionale Park aanbied, verskaf hengelgerei en bootsafari’s. Jy sal moontlik vind dat ‘n besoek aan Inchingo Hengelkamp naby Kasane die moeite werd sal wees.

Kasane en die Chobe-streek het heelwat interessante plekke om te besoek en hier is die ou kremetartboom geen uitsondering nie. Aan die begin van die vorige eeu is die hol, verknotte boomstam as ‘n tronk gebruik – dit was voor die nuwe tronk gebou is. As jy lus voel vir ‘n tikkie avontuur, sal ‘n rit op die Kasane Stroomversnellings, net ‘n kort afstand buite die dorp, uiters opwindend wees.

Indien jy op soek is na akkommodasie om Chobe Nasionale Park in Botswana, beveel Temba Mowana Safari Lodge, Chobe Safari Lodge en Toro Lodge aan. Senyati Safari Camp verskaf selfsorg-akkommodasie naby Chobe Nasionale Park.