Temba Logo

Gaborone view

OTHER BOTSWANA LODGES
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH

 

GABORONE HOTELLE EN LODGES

Kliek eenvoudig op die foto om meer inligting oor die spesifieke lodge te kry en/of te bespreek.

Cresta Lodge Gaborone Botswana

 

CRESTA LODGE is ‘n luukse hotel met pragtige tuine en uitstekende sekuriteit in Gaborone, Botswana.

 
Big Five Lodge Gaborone Big Five Lodge Gaborone
BIG FIVE LODGE - Nou onder nuwe bestuur met goeie en bekostigbare diens
mokolodi nature reserve
MOKOLODI NATUUR RESERVAAT - Basiese selfsorg-akkommodasie in die Mokolodi Natuurreservaat, 12 km vanaf Gaborone.
GABORONE SUN HOTEL - is bes moontlik die top hotel in Gaborone se sentrale sakekern..

GABORONE - DIE VINNIGSTE GROEIENDE STAD IN AFRIKA

Gaborone, of “Gabs” soos wat die plaaslike inwoners die stad noem, is die stad ter wêreld wat die vinnigste groei. Dit is die hoofstad van Botswana, wat ongetwyfeld een van Afrika se ekonomiese suksesverhale is. Die stad is vernoem na die leier Kgosi Gaborone, wat teen die einde van die 18de eeu saam met sy mense hier kom woon het. Fliekvlooie en boekwurms sal weet dat Gaborone ook die tuiste van Mma Precious Ramotswe, die heldin van Alexander McCall Smith se boekreeks “The No. 1 Ladies’ Detective Agency” is.

Gaborone is 15 km vanaf die Suid-Afrikaanse grenspos by Tlokweng geleë. Die GPS-koördinate is 24°39'29''S 25°54'44''E. Die stad is ideaal as oorblypunt vir toeriste wat Chobe Nasionale Park of  die Okavango Delta wil besoek. Daar is egter ook baie te sien en te doen in die stad, dus kan jy jou verblyf in Gaborone beslis ‘n bietjie uitrek.

Die Nasionale Museum bevat versamelings kuns uit suidelike Afrika, asook tradisionele handwerk en kunsvlyt. Een van Gaborone se modernste geboue is Orapa-huis, wat op die hoek van Mandela-rylaan en Khama-singel geleë is. Dit is die middelpunt van Botswana se belangrike diamantbedryf en die gebou is so ontwerp dat dit die meeste van die daglig maak, sonder om direkte sonlig binne te laat.

Op die gebied van akkommodasie, bied Gaborone iets vir almal. Vir reisigers wat op soek is na selfsorg-verblyf, is Oasis Motel en Mokolodi Lodge uitstekende keuses. City Camp verskaf ook selfsorg-akkommodasie, maar omdat hulle diens afgryslik is, beveel Temba Travel hulle glad nie aan nie. Cresta Lodge, Metcourt Inn, Walmont Ambassador, Gaborone Sun Hotel, President Hotel, Oasis Motel en Big Five Lodge bied almal luukse akkommodasie in verskeie prysklasse.

 

Cresta Lodge Gaborone Big Five Lodge Gaborone Gaborone Botswana Mokolodi Nature reserve self catering accommodation