HOTEL EBERWEIN

‘n Moderne hotel met ‘n geskiedenis van 'n honderd jaar

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH 
TEL +27 (0) 21 855 0395


Swakopmund is ‘n fassinerende dorp op die Atlantiese kus van Namibië. Dit is hier waar jy die Hotel Eberwein, ‘n luukse hotel in ou Victoriaanse styl, sal aantref.

Die grasieuse gebou dateer uit 1909, toe Villa Wille opgerig is deur die argitek Hermann Wille. Sedertdien is die Villa verander na die luukse Hotel Eberwein, maar dit het steeds die pragtige buite-aansig wat so kenmerkend is van Swakopmund.

Hotel Eberwein is sentraal geleë in Swakopmund: naby aan die strand, ‘n rustige park en ‘n aantal interessante winkels. Die gastekamers by die Hotel Eberwein behou steeds hul atmosfeer, terwyl gaste met ‘n luukse verblyf en Namibiese gasvryheid bederf word.

Daar is 16 dubbelkamers, 1 enkelkamer, en 4 luukse Victoriaanse kamers. Al die kamers is en suite en toegerus met ondervloerse verhitting, waaier, TV, mini-kroeg, telefoon en tee-/koffie-stasie. Die Victoriaanse kamers is in die oorspronklike vleuel van die gebou geleë en groot sorg is met die opknapping aan die dag gelê.

Hotel Eberwein bedien ‘n watertand ontbyt-buffet wat waarborg om genoeg krag vir ‘n dag se verkenning in Swakopmund, Namibië, te bied. Daar is ‘n aantal restaurante in die omgewing, en die personeel sal jou graag help om een te kry wat by jou smaak pas. Die sitkamer en kroeg by Hotel Eberwein is die ideale plek om te ontspan en ‘n drankie voor of na ete te geniet.

Swakopmund bied talle interessante aktiwiteite aan om by elke smaak en voorkeur te pas. Benewens die ryk Duitse koloniale kultuur van die dorp wat in die talle pragtige ou geboue gesien kan word, bied Swakopmund ook iets vir natuurliefhebbers, adrenalienverslaafdes en ywerige fotograwe. Die oeroue Welwitschia plante om die dorp, betowerende kuslyn en maanlandskap van die Messum-krater, woestyntoere, uitstappies na die robkolonie by Kaapkruis, valskermspring, vierwielmotorfietsuitstapppies (“quad bikes”) en selfs sandplankry duin-af teen 80 km/h – Swakopmund is die plek om te besoek.