LIANSHULU LODGE

Luukse Lodge in Mudumu Lodge in the Caprivi in Namibie

Tel +27 (0) 21 8550395
Mudumu National park, Kongola, Namibia 

STUUR EPOS

TUISBLAD
ENGLISH


Tussen die geheimsinnige Okavango-rivier aan die weste en die magtige Zambezi aan die ooste – dis waar die Lianshulu Lodge onder reuse jakkalsbessie en mangobome op die oewers van die Kwando-rivier op jou wag.

Kom beleef die aantrekkingskrag van die brose Kwando-vleilandstelsel in die hartjie van die Mudumu Nasionale Park en die snikhete mopane-ruigtes.

Die chalets van riet en baksteen met grasdak is individueel ingerig en smaakvol gemeubileerd. Elk het ‘n private badkamer en afgesonderde buite-dek. Chalets is ver genoeg van mekaar geplaas om totale privaatheid te verseker.

Die lodge kan ‘n maksimum van 24 gaste in 12 chalets huisves. Die eet-, sit- en kroeggedeeltes onder grasdak maak op ruim houtdekke oop en hier het jy ‘n ononderbroke uitsig oor die Kwando-rivier en die vloedvlakte. Diere kan gereeld hiervandaan gesien word.
Lianshulu Lodge is bekend vir die uitstekende etes wat wat voorberei onder die toesig van ‘n bekende chef is. Watertand-etes sluit ‘n vol ontbyt, buffet-middagete en kerslig-aandete in. Daarna geniet almal likeurs om ‘n knetterende vuur. Gaste kan die kaggel, biblioteek, snuisterywinkel en swembad geniet.