SAM'S GIARDINO GASTEHUIS

LUUKSE GASTEHUIS IN SWAKOPMUND, NAMIBIE

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH 
TEL +27 (0) 21 855 0395


Samual Egger (of Sam, soos hy genoem word) is ‘n Switser wat baie lief geword het vir die strak, dor skoonheid vir die Namibiese woestyn, het besluit om sy drome te waar te maak deur ‘n klein, intieme gastehuis oop te maak – en hier het jy die bekende Sam’s Giardino Guest House in Anton Lubowski Laan, Swakopmund, Namibië.

Met ‘n soliede agtergrond van opleiding en ondervinding in die Switserse hotelnywerheid (Sam het ‘n diploma as “Hotelier-Restaurateur VDH/SHV” van die Switserse Hotelier Vereniging), kan jy seker wees dat jy uitstekende gasvryheid by Sam's Giardino in Swakopmund sal geniet.

Sam’s Giardino (wat “Sam se tuin” beteken) is in Kramersdorf geleë. Dit is woongebied van Swakopmund, so jy kan dus seker wees dat jy rus en vrede gedurende jou verblyf sal geniet. Die GPS-koördinate is S 22° 48’ 48.4’’ E 14° 32’ 11.9’’. Dit was aanvanklik ook ‘n residentiële eiendom, maar dit het al die eienskappe gehad waarna Sam op soek was: ‘n goeie kombuis (eerste en belangrikste) en baie plek om ‘n ekstra vleuel aan te bou.

Die hotel is aan die einde van 1998 oopgemaak, en bestaan uit ‘n ontvangsgebied, kombuuis, wynkelder, twee sitkamers, klein restaurant met kroeg en nege gastekamers. Sedert daardie dae is daar gedurig by Sam’s Giardino aangebou en voortdurende opknapping het plaasgevind om seker te maak dat hulle op die voorpunt van die gasvryheidsbedryf in Swakopmund te bly.

Sam se filosofie is om altyd aan nuwe maniere te dink om ‘n mens se verblyf by Sam’s Giardino in Swakopmund ‘n unieke, bevredigende ondervinding vir sy gaste te maak, en ‘n aangename en bemagtigende ondervinding vir sy personeel. Sybille Ermann beman (of sal ons eerder sê “bevrou”) die ontvangs en kantoor, terwyl Beethoven die vriendelike viervoetige PR-bestuurder is.

Terwyl jy by Sam’s Giardino tuisgaan, maak seker dat jy een van die baie interessante aantreklikhede in en om Swakopmund geniet, soos die vlugte langs die bekende Skedelkus in Namibië, ‘n uitstappie na Sossusvlei of ‘n kulturele besoek na die Kaokoland se Himba-stam. Daar is begeleide uitstappies na die Kaapkruis Robreservaat, duine om Swakopmund, prehistoriese kuns en terreine in Spitzkoppe, Erongo en Brandberg, of renostersoektogte in die Ugab-riviervallei.